)

Laerskool Menlopark: Superbokkie gesels met 2 swemsterre

Covid 19 het baie van ons graad 7 leerders van die kans ontneem om hul laerskool loopbane af te sluit op ‘n hoogtepunt met hul gunsteling kultuuraktiwiteit, akademieseuitdaging of sportsoort. Superbokkie gesels in ‘n reeks met van ons graad 7 leerders hieroor. Vandag gesels hy met Danielle Herselman en Heinrich Els, twee van Menlo se swemsterre.
Superbokkie: Vertel ons hoe is dit om deel te neem aan swem by Menlo.
Danielle: Dit was baie lekker om by Menlo te swem en te sien hoe die kinders mekaar ondersteun.
Superbokkie: Hoe lank neem julle al deel aan swem?
Danielle: Ek swem al vir 7 jaar
Heinrich: Ek swem al 10 jaar lank
Superbokkie: Wat wou julle as span bereik die jaar?
Heinrich: Die doelwit was om in die A-liga te bly asook die Super 12 te wen.
Danielle: Menlo het derde gekom in die A-Liga, maar ongelukkig sal die Super 12 doelwit nie bereik word nie as gevolg van Covid 19.
Superbokkie: Het julle enige persoonlike doelwitte gehad in terme van julle swem die jaar?
Danielle: Ek wou graag my tye verbeter.
Heinrich: Ek wou graag my borslag rekord in Super-12 verbeter.
Superbokkie: Wat is julle beste herinneringe aan swem deur julle laerskool loopbaan?
Danielle: Om in n groep bymekaar te kom en mekaar te ondersteun.
Heinrich: Om die Junior Victor Ludorium te wen en verskeie rekords op te stel vir Menlo.
Superbokkie: Aan watter ander buitemuurse aktiwiteite neem julle deel by Menlo? En buite die skool?
Danielle: Ek neem deel aan ruitersport, en het ook hokkie en atletiek gedoen.
Heinrich: Ek neem deel aan krieket, tennis, en atletiek.
Superbokkie: Wat maak dit spesiaal om deel te wees van swem by Menlo?
Heinrich: Dit is waar ons maats gemaak het.
Danielle: Dit is ook waar ons selfvertroue gekry het.
Superbokkie: Hoekom sal julle Menlo as laerskool aanbeveel vir voornemende leerders? En swem as aktiwiteit?
Danielle: Ons beveel Menlo aan omdat daar goeie geleenthede en goeie onderwysers is. Heinrich: Hulle ondersteun en bemoeding ons leerders op skool- en op sportvlak.
Superbokkie: Na watter hoërskool beplan julle om in 2021 te gaan en beplan julle om daar ook deel te neem aan swem?
Danielle: Ek gaan na Afrikaanse Hoër Meisies en sal definitief deelneem aan swem.
Heinrich: Ek gaan Hoërskool Menlo Park toe en sal beslis deelneem aan swem.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal