Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon se Graad 3-klas het verlede week begin om met penne te skryf. Die president van die Rotariërs, mev. Albé Wessels, het aan elke gr.3-leerder ‘n geskenkpakkie met ‘n pen oorhandig.
Mnr Benton Nortman, die skoolhoof, het aan hulle verduidelik wat die Rotariërs is en wat hulle alles vir die gemeenskap doen en beteken.