Romé van Druten, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het aan ‘n sangkompetisie, Just Keep Singing, met o.a. Jannie Moolman, Kevin Leo en Lee Scott as beoordelaars, deelgeneem.
Sy is as ‘n finalis vir die mees oorspronklike afdeling gekies. Dit is by die volgende skakel beskikbaar – http://youtu.be/44r7AB-Q5u0
Radio Suid Afrika het ‘n onderhoud met Romé en die ander finaliste in hierdie afdeling gevoer. Dit word op Woensdag, 11 November tussen 09:00 en 12:00 op http://www.radiosuidafrika.co.za uitgesaai. Die wenners word op 20 November tydens ‘n kuberkonsert aangekondig.