)

Hoërskool Robertson groet geliefde onderwyser

Marézan het passievol gelewe.  Sy was ‘n gebore onderwyseres wat baie hardwerkend en lojaal was.  Sy was dikwels, veral gedurende inoefeninge van “Brags”, Kultuuraande en Revue’s, tot na donker by die skool.  Sy het jaarliks uitstekende matriekuitslae gelewer.

Marézan het die gawe gehad om die stilste kinders, wat nie noodwendig op ander gebiede uitgeblink het nie, raak te sien en tot ‘n ster op die verhoog te verander.  Hierdie kinders het dan dikwels heeltemal uit hul dop gekruip en die lewe met selfvertroue aangepak.

Sy was ‘n moederfiguur vir die skoolkinders en baie kollegas.  Haar skouer is dikwels gebruik om op te huil en jy het geweet as jy vir haar iets vertroulik vertel, dit nie verkondig sou word nie.  Sy was altyd vol grappies (mooi en stout) en het altyd ‘n nuwe manier gesoek om vir iemand ‘n streep te trek.

Sy het ‘n baie klein hartjie gehad – kinders, mense en diere wat swaargekry het, het haar na aan die hart gelê.  Lucky, haar hondjie, is ‘n sprekende voorbeeld hiervan!  Sy het ook ‘n baie oop hand gehad en was dikwels betrokke by mense en kinders wat swaarkry.

Hoërskool Robertson was, soos Lucky, “lucky” dat sy ons gevind het en in haar lewe toegelaat het. Ons sal haar mis.

Rus sag, kollega.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal