)

Hoërskool Waterkloof Hengelnuus

Johnathan White (Kloof-hengelkaptein) met een van die visse wat gevang is

Die Kloof is ongelooflik trots op die pragprestasies van die Klofie-hengelaars wat hulle tydens die Gauteng-Noord hengelproewe, wat vroeër vanjaar gehou is, behaal het. In Maart vanjaar het die Klofie-hengelaars ook aan die Gauteng-Noord Varswater oewerhengelproewe deelgeneem en die resultate maak ons werklik trots.

As een van die nuwe gespesialiseerde sportsoorte wat by Klofies aangebied word is dit voorwaar ‘n eer om te noem dat altesaam tien Kloof-hengelaars vanjaar die Gauteng-Noord provinsie by die nasionale kampioenskappe gaan verteenwoordig wat in Desember sal plaasvind. Tien van die 24 provinsiale posisies word deur Klofies beklee.

Mnr. Stefan van Jaarsveld (afrigter) saam met Troy Long tydens een van die Kloof se hengel-oefendae

Ons kondig met trots die volgende leerders aan wat hul provinsiale kleure verwerf het:

Junior o. 19 B-span: Matthew Bowen: (Graad 12), Jonathan White: (Graad 11) en Stephan Du Toit: (Graad 9).

Junior o. 19 C-span: Waldo Brits: (Graad 9), Troy Long: (Graad 9): Janko Steyn: (Graad 9), Stephan Esterhuizen:     (Graad 8), Arian Strydom: (Graad 9), Christo Bester: (Graad 8) en Lian Bester: (Graad 8)

Kloof se hengel-afrigter, mnr. Stefan van Jaarsveld, is ook as die spanbestuurder van Gauteng-Noord se o. 19 C-span gekies.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal