Graad 11 oriëntering
Die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar is vir Paul Roos ’n prioriteit.
Die matrieks het goed aangepas by die skool en het sopas hul toetsreeks voltooi.
Dit is met groot opwinding dat Paul Roos Gimnasium dan ook vandag sy Gr.10 & 11-leerlinge terug ontvang by die skool.
Spesiale reëlings is getref om die veiligheid van die leerders en onderwysers by die skool te verseker en getalle te beheer.
Die Grade is in twee verdeel volgens die alfabet en woon alternatiewe skooldae by ten einde te verseker dat sosiale distansiëring vereistes aan voldoen word. Vloei van leerders in die gange en interaksie tydens pouses word ook streng gereguleer.
‘n Spesiale Paul Roos-video is gemaak vir die terugverwelkoming van die leerders. “Dit is vir ons belangrik dat die leerders weet hul word gemis en dat die Paul Roos-gees altyd sal bly staan, hierdie video verwoord presies dit waarvoor die skool staan” – André van Staden, Rektor.