Frikkie du Toit – Dissipline
V: Beste ding van lockdown is…
A: Ek spandeer kwaliteit tyd saam met my gesin. Die begin van my matriekjaar was ‘n bietjie van ‘n “rush.” Ek kan nou ‘n bietjie meer rustig raak en myself vinden hoe kosbaar vriendskap en die klein dingetjies in die lewe is.
V: Slegste ding van lockdown is…
A: Hoe baie ek my vriende, skool en rugby mis.
V: Die lockdown-snack wat gaan maak dat my skoolklere te styf sit wanneer die skool weer begin.
A: My ma se lekker “shortbread.”
V: Jy wen ‘n vakansie na enige plek in die wêreld (na lockdown). Waarheen gaan jy en hoekom…
A: The Northern Lights in Kanada. Dit lyk soos ‘n skildery wat God ingekleur het.
V: Watse Superpower sal jy graag wil hê en waarom? Wat sal jou Suoerhero naam wees?
A: Om ‘n virus te verwyder. “Then the world will be saved and bring Corona to justice.” Naam: The Sanitizer Man.
V: Wat is die een memory van VHS wat jy eendag vir jou kleinkinders gaan vertel?
A: Die gevoel wat ek gekry het toe ek vir die eerste keer vir die 1ste span uitgedraf het.