‘n Gr. 3-leerling van Laerskool Mooirivier, Janke Rabie, het by die Noordwes Wiskunde Olimpiade wat op 31 Augustus in Klerksdorp gehou is, uitstekend presteer. Sy het silwer medalje vir die Buzz Uitdaag verower en is aangewys as die beste van die beste in die Abakus Wiskunde Vlak 8- uitdaging.