Die groep graad 10-leerders tydens die uitstappie.
Hoƫrskool Ermelo se graad 10-landboubestuur-leerders het op Dinsdag, 3 September, vertrek na Vlakfontein Ranch, waar mnr. Tommie Smit die leerders touwys gemaak het oor die prossessering van kalwers.
ān Kalf is aan elke leerder toegeken en die leerder was verantwoordelik om die kalf te onthoring, om plastiese oorplaatjies in te sit, oorkepe te maak, ān neusring in te sit en te doseer teen beide inwendige en uitwendige parasiete.
Ten spyte van die harde werk wat die dag ingesit is en die leerders wat geƫvalueer is vir punte, het die kinders baie by mnr. Smit geleer en die dag baie geniet.
Die Erries bedank mnr. Smit en Susanna Boerdery BK vir die moeite om die dag vir die leerders moontlik te maak, asook mnr. Smit vir sy kennis wat hy met die leerders gedeel het.