)

UPPIES WEN DUINEVELD IN 0/15 KRIEKET FINAAL!

Agter vlnr: Jaco Fourie, Mnr. SD Botes (afrigter), Jano Malan, Johan Maritz, Sylvester Hoffman, Caydon Daniels, Jaden Williams en Mnr. Franco Swart (afrigter).

Voor vlnr: Roelof Slabbert, Ruwin Isaks, Wian Kriek, P. A Karsten, Siphe Msebenzi en Hercules Hudson.

Hoƫrskool Upington en Hoƫrskool Duineveld het teen mekaar in die 0/15 Krieket Finaal gespeel.

Velties het eerste gekolf en na goeie boulwerk van Jano Malan en PA Karsten het Uppies hulle vinnig onder druk geplaas. Velties is vir slegs 61 lopies almal uitgeboul.

PA Karsten was Uppies se beste bouler met 4 paaltjies vir slegs 13 lopies. Ruwin Isaks en Sylvester Hoffmann het elkeen 2 paaltjies geneem.

In Uppies se kolfbeurt het die twee openingskolwers Hercules Hudson en Jano Malan die lopies in slegs 7 boulbeurte behaal. Uppies wen die wedstryd met 10 paaltjies!

Uppies krieket is vir seker op ā€˜n goeie wenpad!

Baie geluk manne, Uppies is trots op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. HoĆ«rskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal