)

Hoërskool Upington netbal toer na Sun City

Uppies-netbal se 0/14A, 0/16A, 0/17A en 0/19A spanne het gedurende die Maart-vakansie vir ‘n netbalkliniek na Sun City gegaan, onder leiding van Dorette Badenhorst en haar Egalite-span.

Die spanne het elke dag vir ongeveer 4 ure afrigting ontvang wat bestaan het uit aanval- en verdedigingstegnieke, ingooie, afgooie en spesialiseringsessies, om net n paar te noem.

Daarna het elke span ook ongeveer 2 opdragspel wedstryde per dag gespeel wat behels het dat die spanne sekere opdragte gekry het wat hulle moes uitvoer tydens hulle wedstryde om dit wat hul geleer het vir die dag toe te pas en in te oefen.

Die spanne het darem nie net hard gewerk nie en het in hul aftyd heerlik baljaar by die “Valley-of-the-Waves.”

Die eer het egter ook Uppies se 0/19A span te beurt geval waar hulle `n oefenwedstryd teen huidige en opkomende Protea netbalspelers kon speel. Dit was vir elke dogter `n groot eer en belewenis en Uppies-netbal sê opreg dankie vir die geleentheid.

Baie dankie aan elke ouer wat ons by Sun City ondersteun het. Dankie ook aan elke borg wat Uppies-netbal so getrou ondersteun.

Uppies-netbal sien uit na die 2019 seisoen.

Foto: Agter vlnr: Danelle Lochner, Abongile Mchlauli, Janice Avenant, Lara-Mari Geldenhuys, Alicia Puren, Lorraine Groenewald, Jessi Wessels, Lentsa Motau, Cleo Minnaar en Monique Reyneke

Voor vlnr: Beryl Ndhlovu, Talja Venter, Khanyisa Chawane, Di-Marie Visser, Tshina Mdau, Ayanda Esau en Jessica Khomo

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal