)

Hoërskool Upington hou groot Interjol

Dit is weer daardie tyd van die jaar. Gesprekke handel oor taktiek, talent en blote geluk. Planne word beraam en die algemene publiek vra een vraag: Wie gaan met Die Beker wegloop?
Nee, die Sokker Wêreldbeker is verby en Frankryk het al amper vergeet hul het gewen, maar hiér, in die hart van Upington, vind DIE GROOT EEN weer plaas op 11 Augustus!
Groot Interjol is weer hier! Die klank van die doedelsakspeler wat Old tree of Uppies speel en die krete van oorwinning van 2017 hang nog hoog in die lug, maar Uppies is gereed vir 2018.
Die sportspanne oefen al kliphard en die meer intellektuele spanne soos die skaakspan, beraam in stilte hul volgende skuif.
Groot Interjol vind vanjaar by Duineveld plaas,maar ons nooi alle oud-Uppies en ondersteuners uit om die dag by te woon. Die reünie-groepe gaan weer bymekaar kom en verskeie aktiwiteite word beplan. Skakel gerus die skool indien jy deel wil wees daarvan.
Die week vooraf gaan weer tradisioneel gevul word deur tennis, redenaars, vasvra, skaak en skiet.
Indien u enige verdere navrae het, kontak gerus Hoërskool Upington en word deel van die Uppies-Gees!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal