)

Laerskool Stulting: tyd vir uitstappies

Die maatjies luister aandagtig na die gids oor al die interessanthede van plaasdiere.

Uitstappies vir ‘n leeftyd se herhinneringe!  Verskeie grade van Laerskool Stulting, Humansdorp, was onlangs op hulle jaarlikse uitstappies.

Die Gr. R & RR maatjies het besluit om ‘n bietjie by Homeleigh Farmyard te gaan kuier. Hier het hulle meer oor plaasdiere geleer en kon hulle die geleentheid kry om sommige diere uit hulle handjies te laat eet en selfs ook aan ‘n paar wollerige lyfies vat.

Die Gr. 3’s was bevoorreg om by Langkloof Bricks ‘n draai te kon maak.  Elkeen het n bolletjie klei gekry wat hulle lekker besig gehou het terwyl hulle deur die fabriek geneem is om te sien wat presies hulle al die afgelope 50 jaar daar doen.

Dan het die Gr.6-leerders ook onlangs op hulle jaarlikse uitstappie na die Science Centre in Uitenhage gegaan.  Daar het hulle ‘n lesing bygewoon wat propvol baie interessante eksperimente was. Sommige van hulle het selfs die geleentheid gehad om goed aan die brand te steek.  Na die lesing het hulle geleentheid gehad om rond te speel in n groot saal wat vol interessante aktiwiteite is.

Niks is so lekker as om ‘n koei te melk nie! Lika Vermaak, plaaskind in murg en been, wys hier vir haar klasmaats hoe dit gedoen word. ‘n Vraatsige perd kielie die Gr. RR-maatjies se hande terwyl hy gulsig sy ontbyt verorber.
Plaaslewe maak ‘n mens moeg! Saskia van Loggerenberg, Kayla Wait en Kallan Barnard ontspan so bietjie...
KT Brayden, Henrico Kruger, Lathitha Hlele en Kurt Erasmus elkeen met ‘n stukkie klei waarmee die stene gemaak word. By hulle staan Mnr. Nico Blake, die eienaar van Langkloof Bricks.
Die Gr. 3’s leer meer oor die maak van bakstene.
Die Gr. 6-leerders voor die Nelson Mandela Bay Science en Technology Centre in Uitenhage.
Alexander Rens, Anja Jansen van Vuuren en Mariané Brüwer stel een van die vele aktiwiteite op die proef.

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal