Stulting Army!
Laerskool Stulting, Humansdorp, het Saterdag vir die eerste keer hulle eie Warrior Race vir 4-6 jarige kleuters aangebied.
Stulting het die maatjies van die kontrei genooi om die dag saam met hulle te kom geniet. Daar is met klein modderige toontjies en handjies geklouter en gekruip deur ‘n prettige hindernisbaan! Mammas, Pappas, Oumas en Oupas het die kleingoed kom ondersteun en sommige het dit selfs gewaag om die hindernisbaan saam met die juffrouens aan te durf…
“Baie dankie aan al die maatjies en hulle familie wat saam met ons die dag kom geniet het.”


Become a Sponsor













