)

Laerskool Stulting Sportdag 2019

o/9 A rugbyspan van Stulting na ‘n welverdiende oorwinning!

Soos altyd was Laerskool Stulting se jaarlikse Sportdag ‘n reuse sukses. Dit het behoorlik gewemel van kinders, ouers, afrigters en ondersteuners.  Met smullekker kos en goeie sport was daar behoorlik gekuier… net soos ons Suid-Afrikaners mos kán!

Die spanne het uitstekende wedstryde gespeel en sommige het vir behoorlike naelbyt-oomblikke gesorg! Die dag was prettig met heerlike spangees vanaf al die onderskeie spanne en hul ondersteuners. Ook die puik sportmanskap van die spanne het bygedra tot die groot sukses van die dag.

Stulting bedank graag elke persoon /instansie wat deel was van die dag. Hulle sien daarna uit om julle weer volgende jaar met hul jaarlikse sportdag te ontvang. So, vir diegene wat hierdie prettige geleentheid misgeloop het, maak ‘n knoop in jou oor en pen dit in jou dagboek neer, want volgende jaar 21 en 22 Augustus is dit weer sulke tyd.

Baie geluk met die goeie prestasies wat die onderskeie spanne behaal het! Die volgende spelers en spanne het trofeë, medaljes of balle gewen tydens die geleentheid.

Netbal

Ouderdom Aanvallende speler

van die dag

Verdedigende speler van die dag Doelspeler van

die dag

Span van die dag
o/9A Jodeci Heyls Potgieter (Paul Sauer) Ané Prinsloo (Jeffreysbaai) Annah Koalane (Paul Sauer) Paul Sauer
o/10A Caydee Adams (Jeffreysbaai) Marinique Steyn (Nahoon) Anandie vd Berg (Nahoon) Jeffreysbaai
o/11A Simia Fisani (Mclachlan) Amoré Coetzee (Jeffreysbaai) Zandri Coetzer (Jeffreysbaai) Kirkwood
o/12B Nahoon
o/12A Chanté Carelse (Kirkwood) A. De Lange (Gamtoosvallei) Mariané Bruwer (Stulting) Graslaagte
Ouderdom Aanvallende speler

van die dag

Verdedigende speler van die dag Doelspeler van

die dag

Span van die dag
o/13B Nahoon
o/13A Zelda Horn

(Volschenk)

Meché Draghoender (Stulting) Kelly Coetsee (Jeffreysbaai) Graslaagte

Rugby

Ouderdom Belowendste speler Span van die dag
o/6 Reghardt Kemp (Paul Sauer) Victory Christian School
o/7 Kobus Bezuidenhout (Gamtoosvallei) Jeffreysbaai

 

Ouderdom Voorspeler van die dag Agterspeler van die dag Span van die dag
o/9B Kirkwood
o/9A Killian van der Walt (Stulting) Hunter Justice (Jeffreysbaai) Jeffreysbaai
o/11B Kirkwood
o/11A Luciano Botha (Jeffreysbaai) Akhumzi Masoka

(Stulting)

Jeffreysbaai
o/13B Grens
o/13A Gustav van der Merwe (Jeffreysbaai) Buhle Mtengwane

(Aliwal Noord)

Stulting

Skaak

LIGA Goud Silwer Brons
Junior span Pharos VCS Grens
A-Liga Pharos Graslaagte Pellsrus

 

o/11 A rugbyspan van die dag: Jeffreysbaai
o/13 A rugbyspan van die dag: Stulting
Stulting-spelers in aksie!
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal