Agter vlnr William Muir Bruce Malherbe Rudolph Coertze Johane Malan.
Voor vlnr Mandie Wiese Harm Marx Izelle van Vuuren
Tydens die naweek van 13 en 14 Maart 2020 was Hoƫrskool Aliwal-Noord die gasheer vir die Vrystaat Prysskiet 2 kampioenskappe.
Hoƫrskool Sentraal, Hoƫrskool Fichardtpark, Grey College, Hoƫrskool Zastron en Hoƫrskool Aliwal-Noord was die skole wat deelgeneem het. In totaal was daar 92 skuts wat deelgeneem het.
Vrydag 13 Maart het die kompetisie om 14:30 begin. Na afloop van die dag het almal gesellig saam gekuier tydens ān steakete by die HoĆ«rskool. Nie eens die reĆ«n kon die atmosfeer demp nie. Saterdagoggend vroeg het die kompetisie klaargemaak waarna almal terug vertrek het na hul bestemmings.
Baie geluk aan elke Alie wat baie goed gevaar het. HoĆ«rskool ALiwal-Noord se 0/14 span behaal ān 5de plek met ān gemiddeld van 482,75 punte.
Individuele uitslae was as volg:
In die 0/16 afdeling was daar 48 skuts. Rudolph Coertze behaal ān 20ste plek met 756 punte en Bruce Malherbe behaal ān 26ste plek met 721 punte.
In die 0/14 afdeling was daar 46 skuts. Harm Marx behaal ān 16de plek met 681 punte,Ā Izelle van Vuuren 19de met 659 punte, Johane Malan 21ste met 626 punte en Mandie Wiese 23ste met 624 punte.
Baie geluk aan ons skuts.
Baie dankie ook aan elke ouer wat sy naweek opgeoffer het om hand by te sit om van hierdie geleentheid ān reuse sukses te maak. Sonder die ouers se hulp sou dit nie moontlik gewees het. Alie Skiet het verseker yster ouers.
Become a Sponsor











