Mandie Wiese en Harm Marx
Tydens die jaarlikse Fichardtpark Sportdag, op 28 en 29 Februarie, het die skuts van Hoërskool Aliwal-Noord ook deelgeneem en baie goed presteer.
In die 0/16 afdeling het Rudolph Coertze ‘n 14de plek behaal met 462 punte en Bruce Malherbe behaal ‘n 20ste plek met 418 punte.
Harm Marx behaal ‘n 11de plek met 422 punte, Izelle van Vuuren behaal ‘n 19de plek met 391 punte en Mandie Wiese behaal 20ste plek met 390 punte. Johané Malan behaal ‘n 25ste plek met 380 punte Hierdie skuts neem almal in die 0/14 afdeling deel.
Baie geluk aan al die skuts wat hul man gestaan het teen groot skole.
Die volgende Prysskiet vind plaas op 13 en 14 Maart by Hoërskool Aliwal-Noord.