)

Hoërskool Cradock Netbal vs Hoër Volkskool

Hoërskool Cradock het verlede Saterdag met ses netbalspanne na Graaff-Reinet gereis om teen Hoër Volkskool te speel.

Hoër Volkskool het ‘n uitstekende seisoen beleef en baie van die skole in die omgewing baie ver gewen. CHS se Eerstespan het aanvanklik baie goed begin en na die eerste kwart was die telling 4 doele elk.  Daarna het hulle egter baie ongedwonge foute gemaak en Volkskool het na die tweede kwart met 13 – 8 voorgeloop.  In die derde kwart het verbroude doele en swak spel veroorsaak dat Volkskool hul voorsprong na 24 – 12 kon vergroot.  CHS het ‘n baie goeie vierde kwart gespeel en het die kwart met een doel gewen.  Die swak tweede en derde kwart het egter Volkskool se uiteindelike oorwinning van 31 – 20 bepaal.

Die o/19B-span het met 25 – 9 verloor.  Die junior spanne het egter almal puik netbal gespeel en hul wedstryde gewen. Die o/16A-span het ‘n goeie oorwinning van 19 – 10 behaal.  Die o/16B’s het 13 – 8 gewen, terwyl die o/14A’s hulle goeie seisoen voortgesit het.  Hulle wen met 22 – 13.  Die o/14B-span het met 10 –  6 gewen.  Al vier laasgenoemde spanne geniet tot dusver ‘n onoorwonne seisoen, waarop beide spelers en afrigters ongelooflik trots is.

CHS se volgende wedstryde is teen Hoërskool Winterberg op 28 Julie.  Hierdie wedstryde sal in Fort Beaufort plaasvind.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal