)

Hoërskool Cradock neem deel aan Poort Nasionale Skryfkompetisie

Twee leerders van CHS is gekies om hul poësie te publiseer in die Poort tydskrif.

Dit is ‘n baie groot prestasie vir (foto bo) Marissa du Plessis (Gr. 12, 2017) en Shane de Waal(foto links) Shané de Waal (Gr. 12, 2018) om onder die Top 100 inskrywings gekies te word. Twee gedigte van Marissa is: “Droom” en “Heuningkind”. Shané se gedig word genoem “Dieselfde Kam”.

Die Poort-skryfkompetisie word aangebied deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die keurders van hierdie jaar se inskrywings was Etienne le Roux (Hertzogpyrswenner), Marlene van Niekerk (Hertzogpryswenner), Daniel Hugo (bekroonde digter en vertaler) en Antjie Krog (Hertzogpryswenner).

Hierdie is die sesde agtereenvolgende jaar wat CHS leerders het wat in Poort publiseer.  In 2016 het CHS ook ‘n nasionale wenner opgelewer toe Alet Janse van Rensburg aangewys is as nasionale wenner in die poësie afdeling.  Alet is tans is tweedejaar student aan die Noordwes Universiteit se kampus in Potchefstroom.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal