)

Hoërskool Cradock se Tweedespan pak Tarkastad se Eerstes

Hoërskool Cradock se tweede rugbyspan het Saterdag, 17 Maart 2018 die eerste rugbyspan van Hoërskool Tarkastad gepak in ‘n opwindende tuiswedstryd op Kwaggapark.  Hierdie was die span se eerste wedstryd in die 2018 wintersportseisoen en ook ‘n puik geleentheid om uit te draf in hul nuwe wedstryddrag, geborg deur Karoo Makelaars, Gulu Bekker en Michael Bergman.

J.P Barnardo en Chuma Dilima druk elk ‘n drie om vir CHS punte op die bord aan te teken.  Ryan Gowar verdoel ‘n pragtige strafskop wat CHS met ‘n verdere 3 punte beloon.  Die Kwaggas speel vir die volle tagtig minute goeie rugby, bly op die aanval en verdedig goed,  maar kon ongelukkig nie die knaende aanslae van Tarkastad afweer nie en verloor die kragmeting met 24 punte teenoor 13.

Baie dankie aan Ds. Jan Grobelaar en Mnr. Dirk Cronje vir hul harde werk agter die skerms, ook vir al die ondersteuners wat Saterdag se wedstryd bygewoon het.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal