)

Hoërskool Patriot lewer wenner op: Rugby – Francois Pienaar

Francois Pienaar en Pres Nelson Mandela na die 1995 Wêrelbeker oorwinning

Schools That Rock publiseer kort berigte oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.

Hoërskool Patriot van Witbank oud-leerder, Francois Pienaar, is een van die skool se oud-leerders wat na skool uitgestyg het!

Francois Pienaar is gebore in Vereeniging. Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Patriot in Witbank voltooi. Na skool het hy ‘n atletiekbeurs van die Rand Afrikaanse Universiteit ontvang waar hy in die Regte studeer het. Francois het sy provinsiale debuut in rugby in 1989 vir die Transvaal gemaak. In 1993 is hy vir die Springbokspan gekies. Hy was reeds met sy eerste toets as kaptein verkies en is as een van die mees suksesvolle kapteins gereken. Francois was ook die kaptein van die Springbokke tydens die 1995 Wêreldbeker toe die Springbokke hul eerste Wêreldbeker oorwinning behaal het.

Na sy uittrede as Springbok, is Francois na Brittanje waar hy as speler-afrigter vir die Saracens-klub opgetree het. Onder sy leiding was hierdie klub baie suksesvol. Na sy uittrede as speler is Francois aangestel as die Saracens se HUB.

Francois is ook in 2005 vereer met die IRB se “Hall of Fame.”

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal