Hlohonolofatso Sibeko en Rizqah Tayob
Ná afloop van die 2019 matriek-eindeksamen se hermerk het Ligbron Akademie vir Tegnologie die goeie nuus ontvang dat die Liggies ‘n tweede leerder het wat met 7 onderskeidings spog. Hlohonolofatso Sibeko het onderskeidings in die volgende vakke behaal: English Home Language 80%, Afrikaans FAL 86%, Wiskunde 90%, Lewensorieëntering 81%, CAT 86%, Lewenswetenskap 86% en Fisiese Wetenskap 94%.
Ronald Pringel het sy Afrikaans Huistaal geslaag en slaag dus nou ook sy matriek. Nog ‘n leerder, Rizqah Tayob, is ook nou die tweede leerder wat haar matriek met 5 onderskeidings slaag. Die totale onderskeidings vir Ligbron se 2019 matrikulante staan nou op 151 onderskeidings met ‘n slaagsyfer van 99,3%.