)

Errie-skuts verbeter wéér persoonlike bestes

Vlnr:  Pieter de Beer, Renel Swanepoel en Rinus Louw

Hoërskool Ermelo se skuts het op 10 en 11 Maart aan die tweede prysskiet op Bethal deelgeneem.

Alhoewel al die skuts goed geskiet het, het sewe van die Erries hul persoonlike beste tellings geskiet. Al die Errieskuts wat met luggewere skiet, neem deel in die sporterklas. Dié kompetisie bestaan uit 1600 punte.

Twee skuts neem deel in die pistoolklas. Hierdie klas bestaan uit drie afdelings, naamlik vrystaande (o/21), gedeeltelikke ondersteuning (o/14) en volle ondersteuning (o/12). Die pistoolkompetisie tel uit 800.

Die Erries skiet die volgende tellings:

In die sporterklas skiet Renel Swanepoel 1330 (pb), Pieter de Beer 1302, Dehandri Morkel 1262, John-Henri van Zyl 1223, Herentia van Zyl 1178 (pb), GJ Swanepoel 1167 (pb), Elrize du Preez 1120 (pb), LJ Buys 1052 (pb) en De Wet Bergh 1025 (pb). Rinus Louw verbeter ook sy persoonlike beste.

In die pistoolklas skiet Emma Stevens 663 in die vrystaande-afdeling en Reynhardt de Beer (Laerskool JJ van der Merwe) 624 in die volle ondersteuning-afdeling.

Baie geluk aan elke Errie met prag-skote wat EHS trots maak!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal