JP Louw Calstar Group Eerstespan
Dit was ‘n goeie sportdag vir Ligbron Akademie vir Tegnologie toe die wintersportspanne van Ligbron en Vereeniging Gimnasium mekaar op Saterdag, 14 Maart, op die Liggies se velde ontmoet het vir ‘n groot Superreeks kragmeeting. Sport het geseëvier en beide skole het gesorg vir ‘n opwindende dag propvol aanskoulike oomblikke.
Die rugbyspanne se uitslae is soos volg: die Calstar Group Eerstespan wen hulle wedstryd met 26-22, 2des wen 33-0, 3des wen 40-0 en 4des verloor 12-39, o/16A’s wen 64-0, o/15A’s wen 55-7, o/14A’s wen 57-0 en die o/14B’s wen 59-10.
Die netbalspanne se uitslae is soos volg: eerstes wen 25-18, 2des verloor 7-19, o/16A verloor 4-26, o/16B verloor 6-12, o/15A verloor 10-22, o/15B wen 10-7, o/14A wen 20-2 en die o/14B’s wen 25-3.
Die dogters hokkiespanne se uitslae is soos volg: eerstspan wen 5-0, 2des speel gelykop 3 elk, o/16’s wen 12-2 en die o/14’s wen 3-0.
Baie geluk aan al Ligbron se spanne met julle uitslae!
Â