Van Zyl Conradie in aksie tydens die Ligbron en EHS seuns hokkie liga wedstryd.
Die seuns eerste hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Ermelo het op Donderdag, 12 Maart, mekaar op Ligbron se Astro hokkiebaan die stryd aangesê as deel van hulle liga wdstryde. Beide spanne het hul beste voetjie voor gesit en seker gemaak dat hulle veg tot die bitter einde. Toe die eindfluitjie blaas het Ligbron 2 doele aangeteken en EHS 1 doel.
Baie geluk aan die Liggies wat die wedstryd met een doel gewen het!