Ligbron se o/16 seuns hokkiespan ná afloop van hulle eerste liga wedstryd teen Hoërskool Oosterland.
Die eerste- en o/16 seuns-hokkiespanne van Ligbron Aademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Donderdag, 5 Maart, in hulle eerste ligawedstryde vir die seisoen deelgeneem. Die Liggies het teen Hoërskool Oosterland van Secunda se spanne te staan gekom. Die wedstryde was baie straf en beide Ligbron se spanne moes die knie voor hul opponente buig. Die eerstespan het met 1-6 verloor en die o/16’s het met 0-2 verloor. Die o/14- en eerstespan sal eerskomende Donderdag, 12 Maart, teen Hoërskool Ermelo op Ligbron se Astro hokkiebaan in die volgende ligawedstryde van die seisoen speel.
(Foto verskaf)