)

Voormalige Ligbron-hoof wen Nasionale Lewenslange Prestasie Toekenning

Mnr Dup van Rensburg

Mnr. Dup van Rensburg, voormalige skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 15 Februarie, die uitstekende nuus ontvang dat hy die Nasionale Lewenslange Onderwys Prestasie Toekenning gewen het.  Hy was in 2019 eers aangewys as die Gert Sibande Streek wenner van die Nasionale Onderwys Toekenning.  Daarna het hy deurgedring na die provinsiale rondte wat hy ook gewen het.  Mnr. Dup het saam met die res van die ander provinsie-wenners deurgedring na die nasionale rondte.

Dit is vir Ligbron ‘n groot eer en trots om mnr. Dup geluk te wens met hierdie uitmuntende prestasie as wenner van die Nasionale Lewenslange Prestasie Toekenning.

Hy het met die volgende pryse weggestap: ‘n Renault Kwid, rekenaar, selfoon met data, Wifi rooter, R12 500 kontant, ‘n VIA AFRICA aanlyn KURSUS oor 4IR ter waarde van R6500, ‘n beurs ter waarde van R30 000 vanaf die Mpumalanga Onderwys Departement om enige iets by enige universiteit in SA te studeer, asook kamptoerusting ter waarde van R6500.

Ligbron is voorwaar trots op Meneer van Rensburg!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal