Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste krieketspan het op Woensdag, 5 Februarie, teen Hoërskool Middelburg te staan gekom in die tweede wedstryd van die COKE T20 reeks.
Hoërskool Middelburg kolf eerste en teken 196 lopies vir 5 paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte aan. Ligbron se boulers wat uitgestaan het was: Ruben Herbst wat 1 paaltjie vir 16 lopies in 4 boulbeurte neem, Stefan Prinsloo wat 1 paaltjie vir 14 lopies in 2 boulbeurte neem en Juan Paul Labuschagne wat ook 1 paaltjie vir 29 lopies in 2 boulbeurte geneem het.
Ligbron se kolwers is vanuit die staanspoor onder druk en teken 90 lopies vir die verlies van 8 paaltjies aan. Twee kolwers van Ligbron wat uitgestaan het was: Juan-Paul Labuschagne met 39 onoorwonne lopies en Hardu Prinsloo met 15 lopies. Ligbron se span dring deur na die T20 uitspele wat op Vrydag, 7 Februarie plaasgevind het. Die Liggies se opponente was HTS Middelburg. Die wedstryd het in Witbank op Cambridge College se velde plaasgevind. Ligbron wen die loot en besluit om eerste die kolf op te neem. Die Liggies teken 126 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aan. Wynand Moolman was die beste kolwer met 33 lopies.
HTS Middelburg kolf daarna en teken 128 lopies vir die verlies van 9 paaltjies aan. Ligbron verloor dus die wedstryd met 1 paaltjie en met 3 balle oor in die wedstryd.