)

Ligbron word vereer tydens Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie

Me. Lenie van Zyl (Adjunkhoof Akademie) en mnr. Gerhard Brand (skoolhoof) met die pragtige glas trofee wat die Liggies ontvang het vir die skool se derde agtereenvolgend jaar se goeie matriekuitslae.

Tydens die Gert Sibande Streek Prysuitdelingsfunksie wat op Vrydag, 17 Januarie, plaasgevind het is Ligbron Akademie vir Tegnologie se Wiskunde onderwysers weereens die toekenning ontvang vir die Beste Onderwysers in die “big enrolment subjects”.  Ligbron se Wiskundedepartement het vir die sestiende agtereenvolgende jaar 100% slaagsyfer, met ‘n gemiddeld van 67% en 15 onderskeidings.  85% van die Liggies het geslaag met ‘n punt bo 50%.  Ligbron het ook ‘n trofee gekry vir die skool se derde agtereenvolgend jaar se goeie matriekuitslae met 99%, 100% en 98,6%.  Hierdie is beslis prestasies waarop Ligbron baie trots is.

Ligbron bedank ook elke onderwyser wat daartoe bygedra het om hierdie prestasies moontlik te maak.

Me. Rousille Coetzee, me. Elsa van Zyl en me. Lenie van Zyl wat die toekenning ontvang het vir die beste onderwysers in Wiskunde, tydens die onlangse Gert Sibande Streek Prysuitdeling.
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal