)

NHS se meisieskoor vereer as “beste nuwelinge”

Hoërskool Nelspruit se meisieskoor met die engelstemme, onder leiding van me. Elet Kruger, is hierdie jaar by KykNet se “Sing in Harmonie” Gauteng-finaal wat Saterdag, 12 Oktober te Gold Reef City plaasgevind het, vereer as die beste nuwelinge van 2019. Dit is die eerste keer dat NHS se koor deelneem aan dié grootste skoolkoor-kompetisie in Suid-Afrika. Me. Kruger sê dat hierdie klein groepie meisies glad nie teruggestaan het vir die groot, gevestigde kore nie.
Dit was vir al die koorlede baie spesiaal om in die pragtige teater op te tree, en vir baie van die meisies was die teaterervaring ook ‘n eerste. “Dit was ‘n heerlike aand, en daar was ‘n goeie gees onder almal teenwoordig,” sê me. Elet Kruger.
Die hoogtepunt was vir seker die oomblik toe die koor die toekenning ontvang het. “Dit was ‘n baie lekker gevoel. Ons het dit glad nie verwag nie,”
sê me. Elet Kruger.
Dit is dan ook me. Kruger se hoop dat die sukses van hierdie koor ander leerders sal inspireer om aan die oudisies vir die koor deel te neem.

Ander kore, neem kennis, NHS is ook hier!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal