V.ln.r: Lohan Coetzee, Ammarah Arbee en Simone Stapelberg
Verskeie leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het op Saterdag, 12 Oktober, aan die Radikale Redenaars se Nasionale finaal deelgeneem wat by Laerskool Constantia Park in Pretoria plaasgevind het. Die Liggies het die volgende uitslae behaal: Lian Fourie, Simone Stapelberg en Marezel Kriek het ‘n algehele 1ste plek verower in ‘n Eksperimenteel groep afdeling vir graad 12, terwyl Lohan Coetzee en Wihan Roets ‘n algehele 2de plek in ‘n eksperimenteel groep afdeling vir graad 12 verwerf het. Ammarah Arbee het ‘n algehele 1ste plek in die graad 11 English Home Language afdeling verwerf en Lian Fourie het ‘n algehele 2de plek in die graad 12 Eksperimenteel Individueel Redenaars verwerf. Baie geluk aan hierdie leerders met julle pragtige uitslae op Nasionale vlak.
Baie geluk!