Een van die items wat tydens die Kultuurfees opgetree het: “Pyjama Vrydag”-komedie
Op Woensdag, 9 Oktober, het ‘n groot groep leerders van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die eerste Artisticulta Kultuurfees wat gehou is by die EHS Ouditorium. Die geleentheid is aangebied deur die At Strydom Dramaskool.
Dié was nog ‘n geleentheid wat aan die leerders gebied is om verhoog-tyd en –ondervinding op te doen. So verbeter die leerders se selfvertroue.
Al die Erries wat deelgeneem het aan die onderskeie items soos tonele, monoloë, samespraak, poppekas, gedramatiseerde prosa en poësie, onvoorbereide lees en dialoë, het uitstekend gevaar. Al die items behaal A+ en A++ simbole, met een uitsondering van slegs ‘n A.
Baie geluk aan die kultuurliefhebbers met die uitsonderlike resultate.
EHS is trots op elkeen van julle!












