Een van die items wat tydens die Kultuurfees opgetree het: āPyjama Vrydagā-komedie
Op Woensdag, 9 Oktober, het ān groot groep leerders van HoĆ«rskool Ermelo deelgeneem aan die eerste Artisticulta Kultuurfees wat gehou is by die EHS Ouditorium. Die geleentheid is aangebied deur die At Strydom Dramaskool.
DiĆ© was nog ān geleentheid wat aan die leerders gebied is om verhoog-tyd en āondervinding op te doen. So verbeter die leerders se selfvertroue.
Al die Erries wat deelgeneem het aan die onderskeie items soos tonele, monoloĆ«, samespraak, poppekas, gedramatiseerde prosa en poĆ«sie, onvoorbereide lees en dialoĆ«, het uitstekend gevaar. Al die items behaal A+ en A++ simbole, met een uitsondering van slegs ān A.
Baie geluk aan die kultuurliefhebbers met die uitsonderlike resultate.
EHS is trots op elkeen van julle!