)

Liggie Kersdoof seremonie

Hier staan die hoofbestuur (v.l.n.r.): Boitumelo Mathabathe ( onderhoofdogter), Simone Stapelberg (hoofdogter), Mark Niebuhr (hoofseun) en Xavier Fourie (onderhoofseun) terwyl mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) die kerse uitdoof.

Dit was op Dinsdagoggend, 8 Oktober, ‘n emosionele saalopening vir die Liggie-matrikulante, sowel as die ouers en personeel toe die matrikulante en die skoolhoof en sy vrou, mnr. en mev. Van Rensburg  hulle laaste Ligbron saal opening bygewoon het.  Die laaste saal opening vir die matrikulante staan bekend as die Kersdoof Seremonie.  By Ligbron het ons die besondere tradisie om elke Graad 8-leerling se liggie ná afloop van die Groentjieskonsert aan te steek, om hulle as ware Liggies te herken.  Aan die einde van elke leerder se Graad 12 jaar, word hulle liggies weer gedoof en word hulle met die lig van die lewe die buite wêreld ingestuur.  Vanjaar het die Liggies ook die voorreg gehad om ‘n besondere skoolhoof en sy dinamiese vrou te groet.  Die 2019 Graad 12-groep was op ‘n gepaste Liggie-wyse gegroet.  Vir sommige leerders was dit ‘n emosionele verrigting met trane wat vrylik gevloei het.  Die hoofseun en hoofdogter, Mark Niebuhr en Simone Stapelberg het weer elkeen ‘n kers aangesteek voordat hulle die saal verlaat het, wat simboliseer dat elke Graad 12 nou die lig verder sal uitdra.  Ligbron wens elkeen van hierdie leerders alle geseëndheid toe vir hulle toekoms wat voorlê, asook baie sterkte vir die eindeksamen wat eersdaags begin.  Die Liggie-gemeenskap groet ook meneer en mevrou van Rensburg na 26 jare en ons wens is dat hulle die nuwe seisoen in hulle lewe met oorgawe sal aanpak.

Die twee Ligbron Hoofleiers, Mark Niebuhr en Simone Stapelberg.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal