)

EHS-Musieksentrum verkwik siele by Lentekonsert

Vlnr: Me. Marguerite Jacobsz, mnr. Conrad Bouwer, mnr. Phila Dladla, me. Katrien Jordan en me. Theunie Heinz

Op Woensdag, 11 September, het die Musieksentrum van Hoƫrskool Ermelo hul jaarlikse lentekonsert in die Ouditorium aangebied.

Die baie geslaagde musiekaand is geopen deur EHS se koor en ensemble-groep onder leiding van mnr. Phila Dladla. Hul uitvoering het getuig van die hoƫ standaard wat die musieksentrum deurgaans handhaaf.

Van junior tot senior leerders het elkeen op sy en haar instrument die beste vertoning gegee. Items is afgewissel deur klavierspel, sang, kitaar, blokfluit, viool, tromme, marimbas en klawerbord in klassieke en moderne styl.

Die senior leerders wat musiek as vak neem by EHS, moes as deel van hul praktiese assesseringstaak ā€˜n item lewer. Die graad 11-leerders wat opgetree het, was Zara Büchling en Miceala Erasmus met sang. Daniel van der Merwe, graad 12-leerder, wat klavier as sy praktiese instrument het, het ook ā€˜n solo gelewer, asook ā€˜n duet saam met me. Lizanne Dippenaar. Dit was, na tien jaar as leerder by die musieksentrum, Daniel se laaste keer in sy skoolloopbaan wat hy by die lentekonsert opgetree het.

Die leerders van die musieksentrum word die geleentheid gegun om in ā€˜n teater-opset met ā€˜n konsert-atmosfeer op te tree en só word hulle selfvertroue en vaardighede van jongs af ontwikkel en geslyp. Dankie aan elke musiekonderwyser vir die ure se voorbereiding en afronding.

Die program is afgesluit deur die musiekonderwysers wat ā€œSomewhere over the rainbowā€ gespeel het. Dit was die laaste optrede van me. Marguerite Jacobsz in haar hoedanigheid as departementshoof van die EHS Musieksentrum.

Daniel van der Merwe en me. Lizanne Dippenaar
Jake Hoffeld
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal