)

EHS spog met 2 Mpumalanga-wenners in 5’s hokkietoernooi

Voor vlnr: Andisiwe Vilakazi, Simoné Beyer, Bonke Sambo

Agter vlnr: Kerry-Anne Botha, Leandri Viviers, Lana Herholdt, Jana Nel, Me. Elana Fourie, Anke de Kock en Yvonne Röhm

Op Vrydag en Saterdag 23 en 24 Augustus het vier spanne van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die Mpumalanga 5’s hokkietoernooi wat gehou is by Penryn College in Nelspruit.  Dit is die eerste keer dat dié toernooi aangebied word en dit was ‘n opwindende ondervinding vir die leerders en hul afrigters.  Die Erries het twee junior spanne ingeskryf in die o/15-afdeling en twee senior spanne in die 0/17-afdeling. EHS se spanne het uitstekend presteer.

Die o/17-groen span het die senior trofee gewen en word gekroon as Mpumalanga 5’s-kampioene. Hul tellings was soos volg: o/17 groen span wen Curro Nelspruit 15 – 1, wen Lowveld High 14 – 2 en wen Bergvlam 12 – 2.  Hulle speel in die semifinaal teen Penryn College en wen 4 – 2. In die finaal speel die span teen Hoërskool Nelspruit en wen 6 – 2. Jana Nel is aangewys as die speler van die toernooi van die seniors.

Die Erries se o/15-span word gekroon as die 5’s hokkietoernooi-kampioene. Dié span se tellings is as volg:  wen Hoërskool Nelspruit 9 – 1, wen Middelburg Hoërskool 7 – 1 en wen Rob Ferreira 9 – 1.  Hulle speel in die semifinaal teen EHS se o/14’s en wen 13 – 5. In die finaal speel hul teen Hoërskool Middelburg se o/14 ‘s en wen 7 – 3. Kayla van der Meyden word aangewys as die junior speler van die toernooi van die juniors.

Hierdie o/17-rooi span het baie mooi gespeel en eindig vyfde in die o/17’s se toernooi.  Hul uitslae lyk soos volg:  Hul verloor teen Hoërskool Nelspruit 7 – 1, wen Penryn 7 – 2 en wen Rob Ferreira 4 – 3.  Hulle speel in die finaal teen Bergvlam en wen 5 – 0.

Die 0/14’s eindig algeheel 3de in die 0/15 toernooi.

Die jong o/14-span het, soos al die ander Erries, ook hul beste in elke wedstryd gegee.  EHS is trots om te sê dat hul ‘n derde plek in die o/15-afdeling verwerf het.  Hulle uitslae is soos volg:  Hulle wen Rob Ferreira 6 – 2, wen Penryn College 9 – 4 en wen Middelburg Hoërskool se o/15’s 5 – 2.  Hulle speel in die semifinaal teen EHS se o/15’s en verloor 3 – 15.  Daarna volg die finaal teen Uplands en EHS wen 5 – 3.

Baie geluk aan elke EHS-dogter en –afrigter met die besondere uitslae. Die Erries is trots op elkeen.

 

Jana ontvang die o/17 senior trofee vir die 5’ hokkietoernooi-kampioene.Frané Swart ontvang die o/15 trofee vir die 5’s hokkietoernooi-kampioene.
Jana Nel ontvang die prys vir die beste senior speler van die toernooi. Kayla van der Meyden ontvang die prys vir die beste junior speler van die toernooi.

Voor vlnr: Therize Reichert, Jaclyn Venter, Nathalie Nel en Zané du Plessis
Agter vlnr: Simoné Jacobsz, Me. Corlia Pienaar, Rebecca Cloete, Inge Greyling, Anzé Mentz en Mienke Cloete.
Voor vlnr: Yané Broekman en Simoné Beyer. Agter vlnr: Anke Krüger, Ronel Jacobs, Zeldine Pienaar, Elizia van Heerden, Michaela van Rensburg, Mignon Ferreira en Me. Elana Fourie.
Die o/15 kampioene van die 5’s hokkietoernooi Voor: Jenna Oosthuizen, Middel vlnr: Deidre van der Meyden, Frané Swart, Kayla van der Meyden en Danel Olivier, Agter vlnr: Caylin Loock, Mienke Cloete, Me. Linda Horn, Surika Struwig en Carla Ferreira.
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal