)

EHS-graad 12’s beloon met studiebeurse

Vlnr: Jané WIllemse en  Hanné Swart

Aan die begin van 2019 is vier van Hoërskool Ermelo se graad 12-leerders genomineer om ‘n inligtingsdag van die internasionaal bekende ouditeursfirma, Price Waterhouse Cooper, by te woon.

Na afloop van die uitstappie kon die leerders aansoek doen om ‘n studiebeurs, asook ‘n werkskontrak na die afloop van hul studies.

Twee leerders, Hanné Swart en Jané Willemse, het van dié geleentheid gebruik gemaak en beide is genooi vir onderhoude met die bestuurder en vennoot van die Witbank- en Johannesburgtakke. Na stresvolle onderhoude het die leerders psigometriese toetse afgelê en na aanleiding van die toetse en onderhoude, is bepaal of die leerders kwalifiseer vir die beurs.

Beide Hanné en Jané ontvang elkeen ‘n vol studiebeurs, asook ‘n werkskontrak om hulle klerkskap te doen by PWC in Witbank na afloop van hul studies.

Baie geluk aan die twee dogters. EHS is uiters trots op julle en wens julle alle seën en voorspoed vir julle blink toekoms toe.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal