)

Errie-skuts op pad na SA’s

Voor vlnr: Renel Swanepoel, Pieter de Beer, Hendrea van Zyl en Emma Stevens
Agter vlnr:) John-Henri van Zyl, Reinhardt Vorster en Herman Holtzhausen.
(Dehandri Morkel is afwesig tydens neem van foto)

Van Vrydag tot Saterdag, 2 tot 4 Augustus, het agt van die Errie-skuts aan die Mpumalanga-finaal in Middelburg deelgeneem. Aan die einde van die kompetisie is die Mpumalangaspan wat die provinsie in Kaapstad gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskap in September, aangekondig. Al agt die Errie-skuts wat aan die kompetisie deelgeneem het, is vir die span gekies!

In die Sporter geweer-afdeling skiet Reinhardt Vorster 1424, John-Henri van Zyl 1367, Hendrea van Zyl 1326 (pb), Pieter de Beer 1316, Herman Holtzhausen 1295, Renel Swanepoel 1239 en Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1158.

Emma Stevens skiet 626 (pb) in die pistool-afdeling.

Pieter de Beer (o/14) en Reinhardt Vorster (o/21) het beide derde geëindig tydens die kompetisie in hul verskeie ouderdomsgroepe.

Daar is ook medaljes uitgedeel vir die streekkompetisies wat twee weke gelede plaasgevind het: Die Erries se o/16-span het die goue medalje ontvang in die spankompetisie. Reinhardt Vorster het ‘n silwer medalje ontvang in die o/21 individuele afdeling. In die o/14 individuele afdeling het Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) ‘n goue medalje en Pieter de Beer ‘n silwer medalje ontvang. In die pistool o/21 afdeling het Emma Stevens ‘n goue medalje ontvang.

Baie geluk aan elkeen van die skuts met die uitsonderlike prestasie. Baie sterkte met die SA’s wat voorlê. EHS is trots op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal