Twee van Hoƫrskool Ermelo se dogters-hokkiespanne het op Saterdag, 27 Julie, aan die Mpumalanga-finaal deelgeneem. Al die dogters het uitstekende spel en karakter getoon.
Die o/15A-span het teen HTS Witbank gespeel en die Erries wen hierdie wedstryd met 3 ā 1. Hierdie span het hard gewerk en word as Mpumalanga-wenners gekroon.
Die HoĆ«rskool Ermelo Calstar eerstespan het te staan gekom teen HoĆ«rskool Middelburg. Hierdie was ān baie harde wedstryd en die Erries het geveg tot die einde toe in ān naelbytwedstyd. HoĆ«rskool Middelburg wen die wedstryd 2 ā 1, wat die Erries ān tweede plek in Mpumalanga besorg.
Baie geluk aan elkeen van die dogters!
EHS is uiters trots op julle en die besondere prestasie.
Foto bo: o/15A Dogtershokkie
Voor: SimonƩ Beyer
Middel vlnr: SimonƩ Ferreira, Jana Nel, RuanƩ Huber, Marla Oosthuizen, Kayla Grobler en Kerry-Ann Botha
Agter vlnr: Me. Elana Fourie, Leandri Beyer, HannƩ Swart, Yonette Fourie, DanƩ du Plessis, Nicole Venter, Nicole van der Merwe, Clariz Olivier en Meghan Houy.