Tamar Randell, ān leerder van die EHS-Musieksentrum, is onlangs vereer met ān toekenning van Unisa vir ān besondere prestasie in musiek. Sy is die ontvanger van ān Hennie Joubert-merieteprys wat toegeken word aan kandidate wat uitsonderlik presteer in die praktiese of teoretiese musiekeksamens van die Direktoraat Musiek by Unisa.
Slegs die top twee kandidate per graad landswyd kwalifiseer vir hierdie toekenning. Tamar het hierdie toekenning ontvang vir haar prestasie in die graad 4 teorie-eksamen in 2018.
Sy het haar ook deur die jare onderskei as ān talentvolle pianis wie se naam ook al op Unisa se ererol pryk, vir kandidate met ān punt bo 90% in die praktiese eksamen.
Ons weet dat daar nog ān blink toekoms op hierdie jong musikale ster wag!
Baie geluk, Tamar!