)

EHS groet ‘n Legende

Hoërskool Ermelo het aan die einde van die tweede kwartaal afskeid geneem van Me. Marguerite Jacobsz na haar bykans 39 jaar in die onderwys.

Marguerite het haar musiekonderrig-loopbaan in 1980 begin aan Hoërskool Ermelo. Sy het begin met orrel-onderrig en het ook die ballet se begeleidings gedoen. Later het Marguerite ook klavier onderrig, musiekteorie en Musiek as vak vir grade 10 tot 12 behartig. Sy het ook vir jare die skoolkoor begelei en baie nou saamgewerk met die koor se (gewese) dirigent, Ansophie Dippenaar.

Vanaf 1996 het Marguerite die pos as Departementshoof van die Musiekdepartement beklee. Onder haar bekwame leiding is die Musiekdepartement een van die grootste departmente van Hoërskool Ermelo.

Marguerite het die vermoë om die uniekheid van elke kind raak te sien en te ontwikkel tot hul volle potensiaal. Van haar oud-leerlinge het as volwassenes geniaal in hulle musiekloopbane ontwikkel, onder andere Hentus van Rooyen, wat as graad 8-leerder by Marguerite begin het met kerkorrel.

Hy het onlangs sy Doktorsgraad in Orrel Uitvoerende Kuns aan die Universiteit van Texas behaal. Dietrich Johannes, wat ook op hoërskool eers met kerkorrel by Marguerite begin het, het in Duitsland sy nagraadse studie in Kerkmusiek voltooi en werk nou by ‘n orrelboufirma in Hannover, Duitsland.

So het Marguerite deur die jare verskeie musiekleerlinge op die Ererol van Unisa gehad – en onlangs is Tamar Randell (‘n klavier- en teorieleerder van Marguerite) benoem as een van twee topleerlinge in die land wat die Hennie Joubert Meriete-prys verower het.

Marguerite was ook die produksiehoof van verskeie Musiekblyspele wat die Musiekdepartement aangebied het – waaronder “The Sound of Music” wat altyd haar gunsteling sal bly. Die musiekblyspele is altyd begelei deur ‘n orkes, waarin Marguerite altyd self klavier gespeel het. Só het Marguerite bygedra tot baie spesiale herinneringe in vele oud-Erries se harte!

Met Marguerite Jacobsz aan die hoof van die Musieksentrum vir etlike dekades, was die sentrum ‘n baken waar talle leerders die kans gegee is om te leer, ontwikkel, ervaar, die gees te verfyn – sodat húlle op ‘n ander manier kan dink en besluite kan neem wat ‘n verskil maak in ‘n wêreld wat dit só nodig het!

Foto: Me Marguerite Jacobsz

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal