)

Vyf EHS-dogtershokkiespanne aangewys as ligawenners

Op Saterdag, 1 Junie, het Hoërskool Ermelo kragte gemeet teen Hoërskool Rob Ferreira. Al die EHS-spanne het die septer geswaai tydens die dag se hokkiewedstryde. Die Erries kon Saterdag spog met 55 doele in hul guns en nie ‘n enkele doel teen EHS nie.

Die uitslae getuig van uitstekende spel.

Hoërskool Ermelo wens graag elke span geluk met hul pragtige tellings:

Die o/14A-span wen 15 – 0,
die o/15A-span wen 21 – 0,
die o/16A-span wen 4 – 0,
EHS se tweedespan wen 10 – 0 en die
Hoërskool Ermelo Calstar eerste dogtershokkiespan wen 5 – 0.

Bogenoemde was die laaste ligawedstryde vir die seisoen. Baie geluk aan die o/14-, o/15-, o/16A-spanne sowel as die tweedespan wat as ligawenners aangewys is.

Hoërskool Ermelo se Calstar eerste dogtershokkiespan word aangewys as liga-naaswenners.

EHS sien uit om te sien wat die A-spanne gaan bereik tydens die Mpumalanga uitspele wat na die vakansie gaan plaasvind.

Die tweedespan neem komende naweek deel aan Mpumalanga se kwarteindrondte.

Baie sterkte, dogters!

Hoërskool Ermelo is besonder trots op ‘n ieder en ‘n elk van julle.

Foto bo: Simoné Ferreira

 

 

Dané du Plessis
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal