)

Ligbron wintersportspanne sorg vir groot opwinding in liga

Die rugby- en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag, 4 Mei, teen HTS Witbank op Witbank se velde te staan gekom as deel van die liga-wedstryde. Die Blou Masjien het vir niks terug gestaan nie met al Ligbron se rugbyspanne wat hulle wedstryde oortuigend gewen het.

Die Calstar Group Eerstespan het hulle teenstaanders laat les opsê toe hulle die wedstryd met 50-19 beklink het. Die res van die spanne se uitslae was soos volg: die tweedespan het met 24-14 gewen, die derdespan het met 15-12 gewen, die Computer Connection o/16A’s het 73-0 gewen, o/16B’s het 63-0 gewen, die Nashua Highveld o/15A’s het 17-12 gewen, o/15B het 21-10 gewen, o/14A het 38-7 gewen en die o/14B’s het met 51-5 gewen.

Ligbron se hokkiespanne het strawwe kompetisie aanskou met tellings wat baie na aan mekaar is. Die Eerstespan het net-net met 1-2 verloor, die tweedespan het 1-0 gewen, o16’s wen 1-0, o/15’s speel gelykop met 1 doel elk en die o/14’s het 2-0 gewen.

Ligbron sal eerskomende Saterdag, 11 Mei, teen Hoërskool Rob Ferreira op Ligbron se velde speel.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal