)

Graskopkloof betower NHS Natgeorisme-klub

Een van die nuutste besienswaardighede in die Laeveld is die Graskop Gorge Lifts. Die Natgeorisme-klub van Hoërskool Nelspruit het dié juweel van die Panorama-roete besoek.

Die klublede het vroeg die oggend van NHS vertrek en het eerste by die asemrowende Lone Creek waterval ‘n draai gemaak. Na ‘n 200m-wandeling deur die betowerende reënwoud kon hulle die waterval wat 68 meter hoog is, besigtig.

Hierdie waterval het ook nasionale monumentstatus. Hier het die besoekers die vroegoggend son wat deur die plantegroei skyn en die waterval met ‘n pragtige reënboog aanskou – prentjiemooi!

By die Graskopkloof het hulle met die 51 meter glashysbak tot aan die onderkant van die kloof gesak. Hierdie natuurliefhebbers het die hangbrugpaadjies gevolg en die steil, rotsagtige mure bewonder en die waterval en bome verken.

Al langs die roete is inligtingsborde wat interessante informasie oor die omgewing verskaf. Terug bo, het hulle die uitsig oor die Laeveld vanuit die restaurant besigtig.

‘n Gastehuis-eienaar, mnr. Robbie Pretorius van Zebrina Gastehuis het ook ‘n insiggewende praatjie oor toerisme tydens middagete met die groep gedeel.

Die uitstappie het die leerders se toerisme-ervaring na nuwe hoogtes geneem.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal