Hoërskool Strand het Saterdag teen Hoërskool Charlie Hofmeyer in Ceres netbal gespeel. Die eerstespan van Hoërskool Strand het 30 -21 gewen. Die ander spanne het gemengde welslae behaal.
Die volgende spanne van Hoërskool Strand het pragvertonings gelewer: 0.19A wen 30 – 21, 0.19C wen 18 – 17, 0.16A wen 21 – 15 en 0.16C wen 19 – 6. Hoërskool Strand bedank ook al hul ander borge nl. Flameros Chicken Grill en FinPrufe Wealth Blue Star Sanlam.
Foto: Hier verskyn van links na regs saam met die span meisies: Anso Kemp (internasionale skeidsregter en bemarker van Hoërskool Strand), Hendrik Swart, me Tania van der Walt (spanbestuurder), Lizette Swart en Andre Wethmar van FinPrufe Wealth Blue Star – Sanlam.
In die voorste ry is O’Dine Lategan hul afrigter. Hoërskool Strand is baie trots op die eerste netbalspan.