SA hokkiespeler, Pietie Coetzee, het Donderdag en Vrydag 21 en 22 Februarie ‘n hokkiekursus vir al die Liggie hokkiespanne op die Astrobaan aangebied.
Donderdag het die seuns se kursus plaasgevind en Vrydag het die dogters hulle kursus bygewoon.
Beide die seuns en Dogters 1ste spanne het ook op Vrydagoggend onderskeidelik afrigting ontvang.
Die spanne het baie nuwe tegnieke en vaardighede aangeleer en dit was eens dat die kursus tot groot voordeel sal wees.
Fotos: Die eerstespan hokkie dogters besig met hulle afrigting