Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het Woensdag, 20 Februarie, aan die Streeks Atletiek Kampioenskappe deelgeneem wat by die AJ Swanepoel stadion plaasgevind het. Al die Liggie-atlete wat deelgeneem het dring deur na die volgende rondte uitdunne wat in Secunda sal plaasvind.
Die datum van die byeenkoms is nog nie bekend gemaak nie. Baie geluk en sterkte met die volgende rondte.
Die atlete wat deurdring na die volgende uitdunne is Siyabonga Mngomezulu, Sisanda Mngomezulu, Jacolien du Preez, Masibulele Mndebele, Siyabonga Mnguni, Wandile Makhanya, Kwanele Nkambule, Harry Steenkamp, Terry Jayagura, Siyanonga Nkosi en Mikyla le Roux.
Voor v.l.n.r.: Siyabonga Mngomezulu, Sisanda Mngomezulu, Jacolien du Preez, Masibulele Mndebele, Siyabonga Mnguni en Wandile Makhanya.
Agter staan v.l.n.r.: Kwanele Nkambule, Harry Steenkamp, Terry Jayagura en Siyanonga Nkosi. Mikyla le Roux was afwesig met die neem van die foto.