)

Nogeens ‘n rekordfees vir NHS-atlete in Pretoria

Dreigende onweer, gevolg deur swaar reënbuie, was verlede Vrydag in Pretoria , waar Hoërskool Nelspruit aan Waterkloof se Dreyer Campbell-gedenkbyeenkoms deelgeneem het, aan die orde van die dag.

Desondanks, is uitmuntende prestasies gelewer en het die Nellies met 37 medaljes laatnag huiswaarts gekeer – en pryk daar vandag vyf blinknuwe byeenkoms-rekords agter die Nelspruiters se name.

Al kon ‘n hele aantal items (waaronder die kort-hekkies en verskeie velditems) nie plaasvind nie, is genoegsame bewys gelewer dat vanjaar se Super Interhoër, prestasiegewys, een van die bestes in jare gaan wees.

Hoërskool Nelspruit se teenstanders in Pretoria, was Affies, Waterkloof, Kemptonpark, Tuks Sportskool, Grey College, Wynberg Boys High en Zwartkop Christian School.

Een van die groot hoogtepunte van die dag, was die naelbyt 4x100m-aflos vir meisies o/16. NHS se Rhodé Nel, Jana Engelbrecht, Nicolize Aucamp en Nicci Viljoen, het met ‘n uitstekende 49.60 sek. korte mette van die huishoudelike rekord wat 41 jaar gelede (1978) in die dae van die bekende Marelise Weich opgestel is (was 50.6 sek.), gemaak. Die Nellies het in die proses vir Waterkloof (51.10 sek.) en Afrikaans Hoër Meisies (52.00 sek.) hakskene gewys. Hul wentyd is ook ‘n nuwe byeenkomsrekord.

Kragman Douw Kruger (s.17) het eweneens vir ‘n grootse prestasie gesorg, toe hy Springbok-atleet Kyle Blignaut, se 2016-rekord in gewigstoot (18,54m) met ‘n reuse poging van 18,59m oortref het. Spanmaat Andreas van Heerden het die 3000m-rekord (vir seuns 19) sy eie gemaak, toe hy in ‘n persoonlike beste van 9:01.10 deur die wenpaal gebars het.

Nog ‘n rekord wat deur ‘n Nellie verbeter is, was die 200m vir m. o/16. Rhodé Nel se tyd van 25.40 sek., is ook beter as haar eie Nellie-rekord (25.71 sek.) wat sy die vorige week opgestel het. Haar 100m-tyd van 12.30 sek. het die bestaande byeenkomsrekord geëwenaar.

Ook Ashley Erasmus (m. o/14) was weer op haar stukke, toe sy die rekord in skyfwerp na ‘n pragtige 35,92m opgeskuif het.

Die volgende Laevelders het podiumplekke (medaljes) verwerf:

Eersteplekke (goud)
Jaytee Boers (s.o/19): 800m – 1:57.70 (843 ABSA-punte); ook 1500m – 4:08.40
Douw Kruger (s.o/17): gewigstoot – 18,59m (1080); ook skyfwerp – 51,61m (910)
Andreas van Heerden (s.o/19): 3000m – 9:01.10
Rhodé Nel (m.o/16): 200m – 25.40 sek. (902); ook 400m – 57.40 sek. (906)
La-Alicia Venter (m.o/15): gewigstoot – 11,71m (844)
Ashley Erasmus (m.o/14): skyfwerp – 35,92m (1106)
Lize Oosthuizen (m.o/14): spiesgooi – 32,68m (898) *Nellie-rekord
4x100m aflos, m.o/16: 49.60 sek.

Tweedeplekke (silwer)

Andreas van Heerden (s.o/19): 1500m – 4:10.90
Matthys Wessels (s.o/19): 3000m – 9:39.90
Handré vd Merwe (s.o/15): 300m hekkies – 40.10 sek. (875)
Devon Nell (s.o/19): 400m hekkies – 55.60 sek.
Jade Swanepoel (s.o/16): hoogspring – 1,70m
Rhodé Nel (m.o/16): 100m – 12.30 sek. (906)
Lallie Grobler (m.o/15): 300m hekkies – 47.30 sek.
Nicci Viljoen (m.o/16): 400m hekkies – 65.60 sek. (837)
Tayla Kotzee (m.o/17): 400m hekkies – 71.30 sek.
Lané Taljaard (m.o/16): hoogspring – 1,45m
Shanese de Clerck (m.o/14): verspring – 5,16m (959)
Anya Venter (m.o/14): skyfwerp – 27,66m
4x100m aflos, m.o/14: 54.90 sek.

Derdeplekke (brons)

Marco Capazorio (s.o/15): 300m hekkies – 41.40 sek.; ook 400m – 55.20 sek.
Matthys Wessels (s.o/19): 1500m – 4:17.30
Charles Nel (s.o/14): 300m hekkies – 42.60 sek. (813)
Suzaan Nel (m.o/17): 100m – 12.80 sek.; ook 200m – 26.80 sek.
Larise Combrink (m.o/15): 200m – 27.00 sek.
Nicola Cronjé (m.o/19): 400m – 62.60 sek.
Jessica Berry (m.o/19): 1500m – 4:58.70
Zanelle Moller (m.o/19): 400m hekkies – 66.60 sek.
4x100m aflos, m.o/15 – 52.50 sek.
4x100m aflos, m.o/17 – 53.20 sek.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal