)

Ligbron en EHS sê mekaar die stryd aan

Die T20 krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Ermelo het op Woensdag, 23 Januarie in die eerste Coke T20 -wedstryd van die seisoen te staan gekom.

EHS wen die loot en besluit om eerste te kolf. EHS se eerste twee paaltjies kantel kort na mekaar met hul telling op 18 lopies. Die Liggie boulers wat uitgestaan het is: Ruben Herbst met 3 paaltjies vir 21 lopies , Jean-Paul Labuschagne met 2 paaltjies vir 12 lopies en Mark Niebuhr met 1 paaltjie vir slegs 9 lopies. EHS eindig op 104 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte.

Die Liggies neem die kolf op en verloor hul eerste paaltjie met die telling op 8 lopies. Hierna kolf Ruben Herbst (40 lopies nie uit nie) en Ebrahim Timol (42 lopies) uitstekend saam om die telling tot 105 lopies vir die verlies van 2 paaltjies te neem.

Ligbron wen met 8 paaltjies.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal