Chanté Boonstra, een van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se kranige gholfspelers het vanaf 1 tot 5 Oktober 2018 as deel van die Mpumalanga Dames Gholfspan deelgeneem aan die SA Ope Kampioenskappe wat in Stellenbosch plaasgevind het.
Hierdie span het in die B-divisie van die toernooi deelgeneem en het aan die einde van die week as die B-divisie wenners weggestap. Dit was dan ook die eerste keer in Mpumalanga se geskiedenis dat ‘n Mpumalanga die B-divisie wen. Hierdie span word met hierdie prestasie ook bevorder na die A-divisie.
Baie geluk Chanté.