)

Ligbron dogters krieketspanne behaal gemengde welslae

Die eerste- en tweede dogters krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Woensdag, 15 Augustus, onderskeidelik teen Hoƫrskool Oosterland en Standerton gespeel. Die eerstespan het tuis gespeel en die tweedespan het in Standerton gespeel.

Die eerstes het die loot gewen en Oosterland ingestuur om eerste te kolf. Oosterland behaal 85 lopies na 20 beurte. Amanda Turner staan uit onder die boulers met 4 paaltjies vir 25 lopies. Ligbron neem daarna die kolf op en gaan Oosterland se telling in die 9de boulbeurt verby met IlenƩ van der Walt wat 33 lopies behaal het. Ligbron wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Die tweedespan het teen Hoƫrskool Standerton se eerstespan gespeel en was eerste ingestuur om die kolf op te neem. Die Liggies behaal 132 lopies na 20 boulbeurte met 3 paaltjies plat. Standerton neem die kolf op en teken 135 lopies na 13 boulbeurte vir die verlies van 2 paaltjies. Nicole Saaiman teken 9 lopies vir die verlies van 1 paaltjie aan. Ligbron verloor die wedstryd met 8 paaltjies.

Foto bo: Die dogters eerste krieketspan sit voor (v.l.n.r.): Jacolien du Preez, Carla Niebuhr en Jelain Austin.

In die middel staan (v.l.n.r.): Lalique Broxham en IlenƩ van der Walt.

Agter staan (v.l.n.r.): Amanda Turner, HannƩ Stevens, Mikyla le Roux, Marezelle Kriek, LeonƩ Bakker en Boitumelo Mathabata.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal